Oggend gebed
Here laat my wees soos ‘n boom
wat sy takke ver uitreik
vrugte dra op sy tyd
aan die moeë reisiger skadu bied
‘n boom geplant by waterstrome
waar ek rus kan vind
in die oggend U stem kan hoor
U woord kan indrink elke dag
en as dit nag word rondom my
kan skuil in die holte van U hand
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.