Herfsberusting
ek proe die heuning soelte
sluk daaraan
word vervul
met ‘n geel-bruin-blou palet
koperblare wat my naderwink
‘n stilte wat in my rus kom vind
as skadu’s groei oor my sontapyt
weet ek dit is tyd
tyd vir berusting
weg is die snikhete dae
van woeker en verwyt…
van vrae
van smag na meer
van terug en vorentoe kyk
dit is nou tyd vir afstroping
vir diep besin
om te leef in die oomblik
van net te wees
‘n nuwe begin
2 Kommentare
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Amanda
Eloux, jy gee so mooi gedaante aan ouderdom. Jy maak dit n plek van rus. Jy maak dit sag. Jy laat my as jongmens besef dat dit nie n straf is nie maar n pragtige reis. Nie iets waarteen ek moet opsien nie, maar iets wat ek moet inasem en geniet.