
Vuurwerke
vuurwerke ontplof
in my wese
verf reënboog strepe
oor my donkermaan
van net bestaan
U het my ‘n sandkorreltjie gevind
U maak my ‘n koningskind
vuurwerke pols in duisend vonke
deur my wese
ek wil ‘n nuwe lied sing
met elke vesel in my
lof en eer aan U bring
U grootheid bely
met my hande
gehef na bo
in vreugdeskleur gedoop
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.