Jongste aktiwiteit:

Die stilte in jou plek

Ek mis die musiek uit jou kamer
wat so knaend kon pla
Ek mis dit om soggens
vir jou koffie aan te dra

Waar ons dit onder die wurgvy
op die tuinbankie drink
terwyl ons luister na die voëltjies
en kyk hoe die son
deur die blare blink.

Ek mis hoe jou lag
deur die huis weergalm
Hoe jy vloermoere gooi
as ek te lank na jou sin
in die winkels rond-talm

Hoe jy jou opruk vir skoonsus
as sy lyf wegsteek,
jou broer eenkant roep
en sê, “hou op banggat wees!”

Ek verlang na jou
as ons aan tafel eet
Jou plek is oop
maar jou stoel is leeg.

Al is jy net oproep vér
en sê steeds elke dag
“eks lief vir jou mom”,
is dit die stilte in jou plek
wat my die hardste slaan.

…en die ketel bly ook koud.




3 Kommentare

Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed