
Die mens en sy struikelblokke.
Die mens en sy struikelblokke.
Ons as mens se lewe loop ‘n spesifieke pad. Op hierdie aardse reis van ons bestaan is daar dikwels dinge wat met ons gebeur waarvoor ons dikwels glad nie gereed is nie. Ons kan die hindernisse, net soos die dolosse wat ruwe branders in toom moet hou, nie voorsien nie. Die dolosse op ons pad kan ons soms lelik laat struikel en val.
Daar is egter meer as een van hierdie soort struikelblokke in ons lewens. Ek kan aan die volgende paar dink, ek is seker julle ken dit ook.
Selftwyfel
Ek noem die een sommer die twyfelsteen in ons lewe. Hoe dikwels kom ons op die punt en stadium waar ons onsself vra of ons ooit goed genoeg is, die regte besluit neem of die regte pad volg. Maar onthou net, selftwyfel is ‘n baie normale deel in ons lewens. Dit maak ons net meer menslik en bied ons so die kans op groei. Hierdie een kan oorkom word deur selfliefde en deur onsself aan te moedig in die moeilike tye.
Verleiding
Die ou-ou ding van verleiding wat soos ‘n wortel voor jou neus geswaai word wat ons aandag kom aflei van ons eie doelwitte in die lewe. Hierdie sondebok kan baie vorme aanneem: van aardse begeertes tot ongesonde gewoontes in ons lewe. Hier moet ons leer om weerstand te bied as Delilah voor ons staan. Ons moet probeer om fokus te behou op die belangrike dinge in die lewe.
Vrees
Daardie vreesketting want ons verlam en laat terugdeins voor uitdagings. Daar is dikwels die vrees vir mislukking, die vrees vir verandering of sommer net die vrees vir die onbekende. Maar, net soos die dolos wat stewig staan, kan ons hierdie ketting breek. Dikwels verg dit net meer moed en baie vasberadenheid.
Vergifnis
Die vergifnisrots is swaar en donker. Dit is die doelbewuste keuse van weiering om ander of selfs onsself te vergewe vir die foute van die verlede. Vergifnis bly egter ‘n bevrydende daad en maak ons vry van die wrok. So kan ons voortbeweeg van genesing.
Eensaamheid.
Hierdie eensaamheidsmuur is ‘n dolos wat ons van ander mense kom skei. Sommer gou voel dit of ons heel alleen in die lewe staan. Hierdie muur kan ons afbreek deur mense op te soek, liefde te gee en te ontvang en ons sodoende weer oop te stel vir ander in ons lewe.
Prokrastinasie
Die uitstelberg in die pad. Prokrastinasie is wanneer ‘n mens take uitstel of vermy, selfs al weet ons dat dit belangrik is. Dit kan verskeie redes hê, soos ‘n gebrek aan motivering, ‘n vrees vir mislukking, of selfs ‘n gebrek aan orde in jou lewe. Een manier om prokrastinasie te oorkom, is doelwitte duidelik te stel, ‘n realistiese tydlyn op te stel, en stelselmatig te werk na die voltooiing van take.
Ek sluit af met die volgende gedagte: Struikelblokke is sleutels tot groei; elke val bied ‘n geleentheid om op te staan en sterker voort te gaan.
©MarleneErasmus
29/02/2024
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, dankie vir jou bydrae vir Februarie 2024 - Dolos projek