Jongste aktiwiteit:

Dit is mos nog die mooiste maand: Oktober? (BRONS)

Dit is mos nog die mooiste maand: Oktober?

Ek sit en lees deur ʼn digbundel en kom op C Louis Leipoldt se gedig “Oktobermaand” af:
“Viooltjies in die voorhuis –
Viooltjies blou en rooi!
Viooltjies orals op die veld,
En orals, ai, so mooi!”

2020: oorsig oor ’n annus horribilis. Jou eerste gedagte is sekerlik: “’n Annus wat?” ’n mens kan dit beskryf as ’n merkwaardig slegte jaar!

Ek kan nie help om te wonder oor die jaar 2020 nie. Dit is seker die jaar wat die meeste gaan uitstaan in die meer onlangse geskiedenis van mense heugenis. ʼn Jaar van baie onbekende, soms vreesaanjaende nuwe dinge. ʼn Eers onbekende pandemie: COVID-19 het baie gou ʼn oorbekende woord op almal se lippe geword. Deur die pandemie het daar ook baie goeie dinge voortgespruit. Meer tyd vir mekaar is gemaak en ook baie nuwe vriendskappe is gesmee.

As jy vandag net ʼn oomblik stil word en luister na gesprekke en praatjies rondom jou, praatjies en bespiegelinge oor die toekoms en die “nuwe normaal” klop jou hart sommer bietjie vinniger. Sou jy egter verkies om jou fokus te skuif raak jy rustiger in die wete dat die mooi van die lewe nog steeds om jou is.

Deur die eeue heen was Oktober nog altyd een van die mooiste maande, vaal verkleur vrolik in skakerings van groen, almal hou asem op vir reën en die voëls tjirp-tjirp van nuwe lewenslus.

Een plek waar jy baie gou bewus word van die mooi van Oktobermaand is in Pretoria, ook die jakaranda-stad soos dit bekend staan.

Die jakarandas in Pretoria word geskat op 70 000. As jy straat-af stap en die pers tapyt maak ʼn sagte barsgeluidjie onder jou skoene of selfs jou motor se bande, weet jy dat somer in ʼn oordaad pers kleure arriveer het. Die jakarandas is so ʼn deel van Pretoria dat Mnr Nelson Madela dit selfs in sy toespraak gebruik het toe hy in Mei 1994 ingehuldig is. “To my compatriots, I have no hesitation in saying that each one of us is as intimately attached to the soil of this beautiful country as are the famous Jacaranda trees of Pretoria and the Mimosa trees of the bushveld.”

Jy sal van die heel oudste jakarandas vind in Bosmanstraat asook in Celliersstraat in Arcadia. In die stad se ouer dele en woonbuurte is daar jakarandas op die sypaadjies en jy sal in meeste van die parke jakarandas vind.

Moet egter nie dink dat alle jakarandas pers is nie, in Groenkloof is ongeveer 100 wit jakarandabome. Die jakarandas van Pretoria is ʼn toeriste-aantreklikheid met busse wat graag stop om die skoonheid van hierdie unieke bome in te neem.

By die Uniegebou stap jy in Goewermentslaan sommer dubbelrye jakarandas op die sypaadjie. Stories word vertel dat die dubbelrye jakarandas vir die staatsamptenare was sodat hulle in skaduwee kon stap.

My gedagtes kom terug na die jaar 2020 in die mooiste maand van Oktober en ek slaag ʼn sug van verwondering oor die mooi van die lewe om ons.
©Marlene Erasmus
31/10/2020




1 Kommentaar

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed