Sy hande is altyd daar (Silwer)
wanneer alles dan so vir die dolosse gegooi is
en die leeg leër as leeg is
wie houvas dan jou hart wat in pyn is
wie droog die souttrane oor jou wang
wie houvas wanneer die lewe jou selfverseker bang…?
wie keerwal jou emosies wat tsunami oor jou uithou
emosies wat lewens steel tussen die spartel van elke dag
wie heel jou siel wat breek teen die keerwal –
jou siel se oorstort, se alles oorgee, ingee, weggee
wie hou alles bymekaar, verseker jy sal dit maak
wie jou troos, saam met jou stilraak
hande wat deurboor was…
hande wat jou hart houvas
jou skouers omhels as alles te veel raak
wat jou lewe wil vervolmaak
hande wat praat sonder woord,
hande wat heel wanneer pyn, pynig
oor-en-oor
twee hande wat gee, uithou, keerwal
al stormwrak jou hart, hulle is daar tot die laaste dal
© Cornien Naudé
29/02/2024
(met apologie – foto gebruik van die E-kerk: Gedagte vir vandag)
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, dankie vir jou bydrae vir Februarie 2024 - Dolos projek