Die Somer is Vermoeid
Die Somer Is Vermoeid
Vroegherfs het arriveer en
skud gemoedelik hande met
die nasomer se welkomsgroet
en adieu sê vir die vroegherfse
flambojante kleurvolle intog en
selfversekerde pronkery met
somer se najaarsblare wat val,
want sy is vermoeid en het rus nodig
en gaan hiberneer soos die diere en
gooi blare af soos die slang vervel
wyl plate wingerd getooi staan in
feestelike geel, roesbruin en rooi in
‘n kleurvolle vroeë herfsoorname
om te waak oor die rustende natuur
met sy klimaks die ysige winterkoue
wat uiteindelik weer moet bes gee
sodat somer na ‘n diep herstellende
winterslaap in die lente gaan ontwaak
en vol lewenskrag weer jeugdig
gaan herrys tot nuwe lewe
soos die feniks—
Janetta – Helena (Babs] ©
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Viooltjie
Goed gedoen, ek hou van hoe die seisoene so inmekaar vloei :-)