Jongste aktiwiteit:

EK wens, Ek wens

, Ek Wens, Ek Wens—

Ag, kon ons maar alle lelike dinge
wat ons hoor, sien en lees, soos
vergrype van harteloosheid
teenoor mens en dier,
hongersnood, droogtes, peste,
al die gedagtes van angs en vrees wat
ons lewens verpes soos broodkrummels
in ‘n tafeldoek toevou en gaan uitskud
buite die kombuis se agterdeur in die
ruim agterplaas dat voëls dit kan oppik,
verteer, en as bemesting uitwerp en
die kwaad in iets nuttigs omskep,
indien moontlik rehabiliteer, of dan
maar al die onheilige dinge soos
komberse en matte se stof in die
wind uitskud en ver laat wegwaai
dat daar ‘n vars bries deur die
besoedelde gedagtes en daaglikse
gang van sake kan waai en verfris
word met wat goed en reg is
o, ek wens , ek wens dit alles—

Janetta – Helena [Babs] ©




Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed