Wik en Weeg
Wik En Weeg
Jy het baie stede
se hoofstrate bewandel
totdat jy die cul-de-sac
na my hart ontdek het
en dit stof en sinkplaat
gery het en jou sluimerende
chroniese wanderlust maar
uiteindelik weer die oorhand
gekry het en na so ‘n bietjie
besluitlose wik en weeg is jy vort,
elke stop ‘n Don Juan halfwegstasie
immer swerwend en soekend na
daardie ontwykende liefde en rus
want die noodlot se oogklappe en
verblindende skille voor die oë het
jou verblind vir die liefde en
jy het dit nie herken toe dit
joune kon wees nie—
Janetta – Helena [Babs] ©
Babs Boonzaaier’s photo.
LikeShow More ReactionsComment
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.