BOME LANGS DIE RYLAAN
Hulle staan soos bliksoldate in ‘n ry
en wag en wag
twee rye Akasiabome
langs die rylaan by die ou begraafplaas
waar daagliks nederig hulle takke
in die koue windjie wieg.
Telkemale deur die loop van jare
verdor die sand in die uurglas van die lewe
en bult hul wortels
spore onder die ou teerblad van die rylaan uit
wat soos duisende vingers
beskuldigend na die menseras terug wys
en skelm loer in die rigting van die wit silhoeëte
van grafstene in die middagson
…En sluit hul moeë oë
in die laaste stuiptrekkings van die son
ruk ‘n sidder deur die lug en eggo teen my ore vas
te lank was man gerus en selfvoldaan
sy wêreld is nou vol haarfyn krakies
in die oggendson…
2 Kommentare
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
neels claasen
Kyk na die tweede reël in die laasts strofe. Styptrekkings moet seker wees stuiptrekkings