
GEKRAAKTE MODDER PLASSE
Gedagtes lê verdroog in die gekraakte modder plasse
van menswees woordeboeke
omhels in die terugkyk van die son se wegdraf
oor die Kalahari se oop vlaktes
na sy slaapplek op die horison
Ek vou jou laaste afskeidsbrief onder kerslig oop
woel nog ‘n gloei stomp tot vlam in die gekraakte kaggel
en verdwaal in die spookasem van die Drakensberge
wat dros tot in die voue van die vlei
Legkaart verdroogde gedagtes
lê opgekrul in modder plasse
vir my om op te tel
vir my om te maak pas
op die prentjie van my lewens kartonboks
Net die verdroogde gedagtes
van die oopbek lag se gekraakte modder plasse
wat genade vra
as die wind sy verfkwas uithaal
en donsveer beloftes in die hemel maak
om verdroogde gedagtes een te maak
in spieëlbeeld modder plasse
3 Kommentare
-
Viooltjie
Ek lees 'n diep verlange hier in, Louie. Baie mooi beelde opgeroep :-)
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
neels claasen
Sjoe louie hierdie is n absolute meesterstuk