Jongste aktiwiteit:

“Europa is ‘n baie mooi plek”

Maar hier in Afrika
stap ons (soms nog) agter beeste aan –
verby bar fonteine
baan ons onse weë
oor droë lande
en met stofpaaie langs
na velde waar daar weiding is.

Ons leef bewus
van die hemele se blou
die louheid van die môre
die middagson se skroei.
Ons ken sand en ons ken klip,
ons weet van vuur.
Ons hunker na die reën
en na riviere 
vol in vloei.

Ons vind genade
in elke greintjie groen.

Ons struikel in ons loop
ons wankel, maar bly hoop
ons ken huil en ons ken lag.

Ons wonder oor mooi plekke 
wat verweg
agter horisonne wag.

Maar hier in Afrika
stap ons (soms nog) agter beeste aan
selfs midde in die felste somer.
Soek . . .
en vind ‘n sweempie nuwe gras
waar – net gister nog –
bloot 
die dórste aarde was.

© C. Shaw

19 Maart 2l016




Ek skryf grotendeels gedigte vir ontspanning. Ek skryf graag oor die natuur, mense en hul stories en plekke wat ek besoek het. Ek doen dikwels 'n bietjie navorsing oor 'n onderwerp voor ek skryf, want ek geniet dit om te leer. Ek hoop altyd om darem 'n emosie of twee wakker te maak met dit wat te sê het, en dat julle lekker saam sal lees :-)

8 Kommentare

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed