Kersvlam woorde
Wanneer kersvlam krul-kromtrek
flikkerbeelde kruip- nadersluip
op riffels van klipmuur kom dans
word tere trane van vele vreugde
wat vrylik rondomtalie ontsnap
in snikkende stortreën uitgetap
Vloeiend word hul verswelg
deur ru-vesel in vel papier
wanneer hartseer van gister
vandag – drome inhibeer
soos sy staar na die lawe- lig
fluisterend sy woorde repeteer
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
neels claasen
Sjoe evelyn hierdie is n wenner en verdien tien goue sterretjies