Jongste aktiwiteit:

Affodilreën

Terwyl somerreëns val
talm digter by venster
stomstarend na storm
wat uitwoed daarbuite
loeiende wind warrel
donder dof-dreigend
soos bliksems luid speel
as hul klimtol oor rante

Digter aanskou soveel meer
as donderstorm daarbuite
hy gewaar – miljoene blomme
wat binnekort beur-deurbreek
uit Skepper-deurdrenkte grond
om aarde te vul met kleure-geur
vir die digter reën oorvloed seën
giet-neer in Heerser-Affodilreën




Ek skryf om leeg te word van wêreldse struikelblokke en voller te word met die talent wat my Skepper aan my toevertrou het. So glo ek dat mens tree vir tree en woord vir woord eendag weer oorwinning sal behaal.

2 Kommentare

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed