Kerklike Mafia
Die trotse adel van die kerk
in felle haat gesterk
en hovaardig geklee in purper gewaad,
terugskouend soos ‘n kerklike mafia,
sing in magsvertoon hul eie Gloria—
Die Lam so onwaardig geskaad
se gees en siel met glans en heerlikheid omhul
is tydelik met plaasbeklederskuld verhul
maar het weer in opstandingsglorie deurgebars
en oorskyn ons bose natuur so dwars
want die galg,
met al sy walg,
en die hisopstok bevlek met Sy bloed
was reinigende wasseep wat ons behoed
en red van ‘n ewige dood,
ons prys en dank Hom in lofsang verwoord—
Sy bespotting en verwonding
ons heling in nederige verwondering
wat deur die eeue wat verby is en dalk kom
die geslagte opeenvolgend sal verstom—
Die diepte van Sy lyding,
geestelike en fisiese spykerkastyding
vanaf Getsémné tot Golgota kan ons nooit peil
die sondige onkruid in ons lewens groei te geil,
maar ons glo en sing
juigend in aanbidding
oor die reddende genade wat hy bring
in woord en daad , beseël met ‘n ring
van belofte en liefdestrou
alles eensydig te onderhou
waar ons in swakheid nie kan toebring
vasgevang in egbreuk se bose kring—
As ons die brood eet
hoe kan ons Sy verskeurde liggaam vergeet,
die rooiwyn wat ons drink
is Sy druppende, reddened, heilige bloed, sand versink—
Brood en wyn is kwitansies van ‘n missie volbring,
inderdaad, ,, dit is volbring!’’
Janetta – Helena
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Hierdie is n diepdink gedig tannie Babs, dis pragtig gepen!