Gee my ‘n land
Heinings impuls skokgolwe
roldrade lemmetjiekerf
duiwelsvurk pronk
op elk’ tweede erf
AfstandbeheerDE
elektroniese hek
batterye gee gees
mens word stapelgek
Antwoord die deur
’n traliehek keer
dubbeldraai sleutel
probeer maar weer
Waar is die gelag
en speel in die nag
so sorgeloos vry
net die bure en jy
Ag dis ’n helse ding
wat staalblomme bring
tot die voëls se gesing
klink soms afgedwing
Gee my ‘n land
met meer verstand
waar ek asem kan haal
en my eie lot bepaal
5 Kommentare
-
-
Anze
Jy beskryf die tye waarin ons leef so perfek.. mooi gedoen
-
Kiekies
Noudat ek jou gedig lees is ek net meer bewus van die skreiendheid. Goed gedoen.
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
neels claasen
Evelyn ons moet dit aanvaar, al is dit hoe moeilik, ons het gevangenis in ons eie huise geword