
Tafelberg
Waar Koning-proteas wiegend lag
hou wolke sagkens oor jou wag
daar waar dassies soet-slaap
aan die vêrpunt van die Kaap
Dis die ou-ou Tafelberg
wat seeman staan terg
trots waghou oor die see
as die mis jou blad natvee
As bote en frigatte om jou vaar
troon jy grotesk, majestieus daar
goue baken vir elke matroos
wat huiswaarts keer na sy kroos
Spookasem-wolke kombers jou toe
as jy oseaan se soutsproei proe
volmaakte skepping uit Sy kwas
staan jy tafel-gelyk – rotsvas
4 Kommentare
-
Viooltjie
Mooi skets oor ons geliefde berg, Evelyn :-)
-
Anze
Pragtig!
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
neels claasen
Die pragfoto komplimenteer hierdie pragtige gedig in alle opsigte