Jongste aktiwiteit:

Vier seisoene koester

Stuur ‘n Rooiborshoutkapper
sodat sy ritmiese klop
met skerppunt snawel
hartsluike wyd -sper
jou binne laat fladder
jy beeldend weerkaats
in sy ronde, stil pupille

Stuur ‘n ge-oliede melodie
met suiwer liefdesnote
op vlerkwieke van wind
dansend duis’lig meegesleur
op maat van uniek’ musiek
so eie note terugversend
na stil spesifieke beeld
aan my so alombekend

Stuur ‘n stewig gevlegde tou
met lowergroen liefdesranke
knus om hartmure toegevou
telkens as ek daaraan pluk
jou met deernis-smagtend
stadig, afwagtend inkatrol
tot snoesig styf teen my lyf
waar ek jou met kosbaar
knope van hart vertrou

Ek stuur ‘n seldsam’ orgidee
in wildste geur van jasmyn,
‘n nootgevulde liedjie
om in geheue te draal
so sal jy my hart se ritme
nou, more en vir altyd
vier seisoene kan voel




Ek skryf om leeg te word van wêreldse struikelblokke en voller te word met die talent wat my Skepper aan my toevertrou het. So glo ek dat mens tree vir tree en woord vir woord eendag weer oorwinning sal behaal.

3 Kommentare

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed