
tussen vrede en onmin (SILWER)
tussen vrede en onmin
die hand het die dolosse geskommel
hul vinnig uit sy hand geskiet
om te val tussen die boom en die bas
een-vir-een het die bene stil gelê
die stof het nog in die lug bly hang
daar waar daar eens vrede was
het ‘n bloedstollende stilte weergalm
daar waar die dolosse skuil
met verwronge gesigte
het mense kopskuddend gestaar
daar waar eens vrede was
het dolosse deurmekaar gedraai
en nou, tussen vrede en onmin
het die mens gebuk en opgekyk
met die hartseer oor sy gesig geskryf
©MarleneErasmus
28/08/2024
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, dankie vir jou bydrae vir Februarie 2024 - Dolos projek