Jongste aktiwiteit:

Aankondiging

rondom ń leer ingevulde raadstafel
waar goud die rooi omlyn
staan baie chrome stoele
ondersteun deur Sjina wieletjies
rond en bont

ń hoëtroustel
verseker suiwer klank
almal kan duidelik hoor
maar frons in onverstaan
klap dan hande vir die baas

die baasboodskappe
weerkaats in grynslagte
die onverstane is nou
uniform ingeënt
in ons sisteme




Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed