Jongste aktiwiteit:

Die Wals

ek kom jou haal
waar die water maal
kom dans saam met my
die dans van die lewe

vertel my jou verhaal
in die wals van jou bestaan
die prys het jy betaal
waar die liefde jou beskaam

dis laat in die nag
jou glimlag so mooi
in die een twee drie
wat gly oor die baan

in jou ritmiese beweging
op die maat van die musiek
lees ek jou oë
die hartseer lê uitgestort

vou ek my hand om joune
en drink die blink in jou oë op
baie trane het jy laat vloei
in die wals van ons liefde

©️Louisa van Vliet




Ek is n kind van God en is Jesus Christus my alles. Ek baie ingesteld op die waarheid en is heeltemal gekant teen leuens. Opregtheid en Eerlikheid is n passie by my. So wat ek in my gedigte en stories bring, is op die waarheid gebaseer. Alles wat my in die lewe geraak het, bring ek in my gedigte uit. Ek is n Afrikaner en murg en been. Wat jy sien, is wat jy kry. Spontaniteit en vriendelikheid is my lewe. As jy op my tone trap, gaan jy my beslis van hoor. Ek se n ding reguit en draai geen doekies om nie. My gehoorsaamheid word aan God die Eer gegee, want Hy is in beheer van my Lewe.

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed