Jongste aktiwiteit:

In die oë sigbaar

wonderbaar geskape
beleef ek dit so gelate
deur die hand van ons Vader
geskep met soveel grasie
die venster van elkeen se siel

soms met trane gevul
die pyn op elkeen se gesig
in liggame sigbaar hangend
terwyl die storie homself vertel
en die oë die grootste rol vertolk

lag jy, lag almal saam
verruklik mooi spreek dit boekdele
want gesondheid gepaard met positiwiteit
sigbaar en verruklik uitgebeeld
sterre glinsterende skitterende oë

dan kom die woedebuie soms ongevraag
soos pyle wat skiet en jou siel deurdrenk
ruk dit jou aan die binneste uitmekaar geskeur
en die dader daaraan voel geen duit nie
vuurspuwende blitsende strale wat jou deurboor

die oë wat leeg en leweloos agterbly
niks lus meer vir die lewe nie
skouers wat hang sy tol geeis
ploeter maar net voort
want iewers nog ń lewende wese

in die oë is sigbaar elke lewe
hoe dit ookal sy wonderbaar geskep
die venster van elkeen se siel
en met dankbaarheid gevul
nederig dankbaar sê ek dankie

om in die oë te kan lees
die pyn en verdriet
te sien die swaarkry sukkelend
en dan weer jubelend
ons Here te kan loof en prys
vir gelukkige vrolike wesens

©️Louisa van Vliet




Ek is n kind van God en is Jesus Christus my alles. Ek baie ingesteld op die waarheid en is heeltemal gekant teen leuens. Opregtheid en Eerlikheid is n passie by my. So wat ek in my gedigte en stories bring, is op die waarheid gebaseer. Alles wat my in die lewe geraak het, bring ek in my gedigte uit. Ek is n Afrikaner en murg en been. Wat jy sien, is wat jy kry. Spontaniteit en vriendelikheid is my lewe. As jy op my tone trap, gaan jy my beslis van hoor. Ek se n ding reguit en draai geen doekies om nie. My gehoorsaamheid word aan God die Eer gegee, want Hy is in beheer van my Lewe.

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed