Lewe is liefde
die lewe is ń lied
leef in liefde elke dag
positiwiteit is die antwoord
maak dit jou volle standpunt
dit kan jou kragtig laat getuig
soos ń gelaaide battery
vol positiewe elektrisiteit
die klop in jou hart
goeie vooruitsigte bring
belowende oeste
beroepe sonder vooruitsigte
bring werke sonder kanse op verbetering
laat geen stryd jou onderkry
oorwinning lê in vreugde
maak van geen molshoop ń berg nie
stry die goeie stryd
voleindig die wedloop
in die geloof van die Almagtige
trek jou wapenrusting aan
vier en twintig uur van die dag
©️Louisa van Vliet
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Christa D
Pragtige skrywe