Jongste aktiwiteit:

Wees jy die Reënboog

wees jy die reënboog
in iemand se lewe
in druppels kleure
uitgegiet in liefde
breek elke donker wolkie
sodat dit verdwyn in die wind
plaas die tinteling van sterre
in ń ander se oog

beheer die tekens van hartseer
met ń glimlag in die reënboog
prikkel die siel met ń hemelse dans
laat jou son skyn
oor die verste horison
soos ń engel met vrede

laat die teken in die reënboog
die lig van hoop bring
sodat hulle drome waarheid kan word
behou hul met ń drukkie in gedagtes
in die harmonie van sfeer
elkeen wil gelukkig wees
want ń reënboog kan nie
sonder ń bietjie reën wees nie

©️Louisa van Vliet




Ek is n kind van God en is Jesus Christus my alles. Ek baie ingesteld op die waarheid en is heeltemal gekant teen leuens. Opregtheid en Eerlikheid is n passie by my. So wat ek in my gedigte en stories bring, is op die waarheid gebaseer. Alles wat my in die lewe geraak het, bring ek in my gedigte uit. Ek is n Afrikaner en murg en been. Wat jy sien, is wat jy kry. Spontaniteit en vriendelikheid is my lewe. As jy op my tone trap, gaan jy my beslis van hoor. Ek se n ding reguit en draai geen doekies om nie. My gehoorsaamheid word aan God die Eer gegee, want Hy is in beheer van my Lewe.

1 Kommentaar

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed