Oor nuwighede en goeters (silwer)
Toe oujaarsnag ‘n natnuut nuwejaarsmôre word die son sy goue strale vonkelnuut oor die swartkliprantjies stort het ek nog grootoogwakker oor jou en my gedroom verwonderd in die lankverlore hartsgevoel se saligheid geloom my gemoed was tot oorlopens vol soos die weduwee se kruik vroegoggend het nog heerlik vars na laatnagreën geruik kraaknuut kom klop […]
My belangrikste samesyn.
My belangrikste samesyn. Deur die Woord sal jy sien dat Jesus mense kos gegee het en saam geëet het. Van die bekendste was die ete wat Jesus en sy dissipels gehad het kort voor Hy aan die kruis sou sterf. Volgens die Skrif het Jesus uitgesien na die samesyn van ʼn maaltyd met sy geliefde […]
Bring sinvolle gesinstyd deur.
Bring sinvolle gesinstyd deur. As ons na gesinsverhouding in ons tyd kyk sal ons vind dat ons lewens besiger as ooit is. Dit is die een vergadering op die ander, tyd vir mekaar het regtig ʼn luukse geword in meeste van die hedendaagse gesinne. Navorsing het bewys dat om meer tyd saam deur te bring, […]
Vlamme van vrees Silwer
ek sien jou laaste armswaai deur die wasem van onthou jou laaste klokkielag nou net ‘n klank van rou in die newels van die blou-blou lug ‘n vredesduif wat swenk in vlug roet en rook – ‘n vlammesee verskans die oggendson die stilte skreeu verdowend en eenkant op die grys beton ‘n halfverkoolde teddiebeer die […]
Lien se veilige hawe.
Lien se veilige hawe. Lien Meiring skud haar platinumgrys krulle agteroor en glimlag tevrede. Hier waar sy op die voorstoep van haar huisie in die woud sit, klink die woudgeluide soos ʼn vrolike koor op. Die sonneblomme dans op maat van die wind, hulle bars behoorlik uit die grond om die son se strale te […]
My moskombersie.
My moskombersie. Ek sit en verlustig my aan die vrolike gelag en geskerts van my vriende. Vir my is dit ʼn groot voorreg om in die geselskap van my hartsmense te wees, mense wat hulle nie laat onderkry deur die klein uitdagings van die lewe nie. Aan die ander kant is dit ook opvallend dat […]
Samesyn sonder die Grinch
Vir al daardie outjies wat moeiteloos die genot uit enige Kersfeesviering kan suig. Ek het in ʼn huis grootgeword waar my drie sibbe met Kersfeesvieringe en al die ‘trimmings’ grootgeword het. Teen die tyd wat Ano byna ʼn dekade later gearriveer het, het hulle hulself van hul heidense weë bekeer en daar is alleenlik gefokus […]
My hart se tuiste
‘My huis is waar my hart is’ en my hart is by klein voetjies wat dwarsgespoor oor my oumalewe lê sagte armdrukkies wat meer as woorde sê en liefdesogies wat samesynvreugde kaats. Wat meer wil ‘n ouma dan vir Kersfees hê as SO ‘n koester-tuiste? ©Driekie Grobler (12/2022)
warrelwind-drome (SILWER)
Warrelwind-drome Desembermaand, son see en kastele in die sand matrieks op eerste vakansie alleen, onafhanklik vry hoor ek die lied van die wind wat speel op die strand een kyk in jou smaraggroen poele verdrink ek bly veel later word minute ure en ure spoel oor in dae ek proe die sonskyn op jou lippe […]
dribbel
koue winters oggend die ryp kraak onder sy voete boeksak oor die skouer gehaak trippel hy vrolik oppad skooltoe gedurig besig met sy voete dribbel hy die rugby bal swaar van die nat ryp gly dit saggies aan in sy gedagtes net een ding daardie laaste paar treë oor die doellyn met sy groen springboktrui […]