Jongste aktiwiteit:

Lig van my Lewe

dis hier diep binne my.
waar geen een van weet
skyn iemand wat my ken
beter as enige een daar buite.

soggens vroeg leef danbaarheid
in my hart, aan nog ń dag gegun.
deur dagtake stil bewus van ń
nabyheid so teer en vol liefde

saans met blydskap gevul
begin my liggaam oorgee
aan rus, vrede en liefde
wetend die lig in my lewe skyn.

snoesig in kombers toegevou
bring Hy sy Woord na my
sagkens laat hoor ek my stem
en weet Hy die lig in my lewe
ek in gesprek met Hom.

so met hande saam gevou
word n dag vol vreugde
aan Hom gewy, want Sy lig
gebring maak lewe die moeite werd.

©LouisavanVliet (Amazon)




Ek is n kind van God en is Jesus Christus my alles. Ek baie ingesteld op die waarheid en is heeltemal gekant teen leuens. Opregtheid en Eerlikheid is n passie by my. So wat ek in my gedigte en stories bring, is op die waarheid gebaseer. Alles wat my in die lewe geraak het, bring ek in my gedigte uit. Ek is n Afrikaner en murg en been. Wat jy sien, is wat jy kry. Spontaniteit en vriendelikheid is my lewe. As jy op my tone trap, gaan jy my beslis van hoor. Ek se n ding reguit en draai geen doekies om nie. My gehoorsaamheid word aan God die Eer gegee, want Hy is in beheer van my Lewe.

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed