Vooruitskouing
Vooruitskouing
Brons deur Hennie du Toit
Die oue is verby, die nuwe het gekom,
maar is ek daarvoor gereed?
Want nuut bring ook onsekerheid
omdat ek die pad nie weet.
Die ou jaar was vol pyn en seer
met my waaroms teen die muur geskryf,
soveel dinge wat ek nie kon beheer.
Saam met die pyn van wat was
is daar die hoop op wat kan wees,
die vervulling van my droom,
‘n bestaan wat wonde kan genees.
As ek maar net vorentoe kyk
en my oë na die berge keer
en dit wat agter is agter laat,
sal ek ook kan vreugde vind in seer.
Daar is hoop, daar is gewis
en dit maak die toekoms
die moeite werd beslis.
As ek alleen die nuwe jaar instap
met al my vrae en worsteling
sal dit my net hierdie jaar
by groter vertwyfeling bring.
Ek plaas eerder soos ‘n kind
my swak hand in sy hand van mag,
want alleenlik dan kan ek
in alles betekenis verwag.
Vandag is net geleen
en môre is nie beloof.
Nou leef ek daarom elke dag
met my oog op môre gerig,
want wie weet
dalk is môre die dag
wat hy ook my lig uitdoof.
©️Henn
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, dankie vir jou bydrae vir Januarie 2025 - OOP projek