Twee rye Spore
wanneer twee rye spore diep in jou gedagtes begin rol raak mens weg en voel so verlore
aan die onthou dae wat steeds tol
in gebeure wat aan my hart geruk het
wanneer jy die reguit pad geloop het
en mens jou dan die kronkel pad laat vat
onseker oordat dinge jou laat belet
gryp jy grashalmpies en waardes begin spat
want iewers het ‘n donker kol gaan lê
maar diep ingewortel in jou menswees
weet jy iewers is ‘n liggie wat weer sal skyn
want so grou soos die nag voel jy so wees
uitgewerp waar eens baie lig was wat skyn
verwese en alleen en geen skouer vir keer
sien jy die donkerwolk raak
maar besef nie wat die silwerrandjie beweer
loop jy in diepe waters en die huil begin kraak
moedverlore en iemand wat met krag beseer
verloor jy alles vir iemand sy sin te gee
dan kom die wete van lewende waters wat vloei
en ‘n liggie kom maak jou wys
aan al die leuens wat gloei
en kom lê dit voor jou elke bewys
hoe onskuldig jy trap in elkeen se bedrog
en ons Grote Meester bring Sy hand oor jou
met liefde en genade en wys jou Sy vrede
en vergewe jy hulle wat jou ingestrik hou
word jy verlos van al die seer en jou verlede
opsy geskuif want ons Vader is in beheer
©Louisa van Vliet
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.