Vaarwel
Mistieke skoonheid
waar ingebergde valleie sing
van ebbehout in die bos
daar het ek my sensuele woorde versteek
sakkarienreuk van my ontwerpe
watervalle in my siel
borrellende fonteine
wat stortings van ‘n blinkmaan naboots
verskuil agter verre bergsilhouëtte
ons stryd ‘n passievolle dans
ineenvlegting…
antieke houding
tot die berge glimlaggend
van heinde en verre,
ons lente bring
terwyl die aarde roep uit sy nate
angstig jou vasklou
die moeder van jou dood
in die bek van ‘n houtkelder
as die skaars nag om jou roer
mompel geheime uit jou siel
val my trane tussen riete
kibbel sag oor riviere
die stil in jou oë
weef vrede in my
jou waai in die wind
soekend na ‘n toevlugsoord
bekend aan jou as hoort
jy het gegaan in sterflike jeug
die aarde is hol gehuil
maar net jou trane gevind…
ek sal altyd weet
hoe lief ek jou het
ek sal prys
op die oewer van Sy vergifnis
waarheen ons nou albei styg
©Marike Erasmus
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.