Jongste aktiwiteit:

Sou die lewe net n foto kon wees

Sou die Lewe net ’n Foto Kon Wees

Deur: Ryno du Plessis

Kosbare tye vasgevang deur ’n lens, foto’s geraam en opgehang.

Mooi gedagtes herleef die oomblik, gou verby in ’n oogwink.

Kon ons nie maar elke dag vasvang, behou wat ongelooflik is?

Woorde sê, dade doen— soos daardie perfekte foto.

Sou die lewe net ’n foto kon wees, hoeveel mooi herinneringe sou ons vir mekaar kon wees?

© Ryno du Plessis, 2026




Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed