Jongste aktiwiteit:

Lippe van onsekerheid

Lippe van onsekerheid

Deur: Ryno du Plessis

Lippe rooi, woorde mooi.

Sag gly jou stem; jy het my aandag gewen.

Van my het jy gehou,vriendskap het ons gebou.

In die donker, waar niemand sien, was ek jou beste bate.

Tussen mense behandel jy my soos ’n groot gevaarte.

Woorde eens so goed verander nou in woorde bittersoet.

’n Persoonlikheid van glas het reeds gebars.

Lippe eens soet en sag, nou lippe van onsekerheid.

©️ Ryno du Plessis 2026




Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed