Jongste aktiwiteit:

Verlore

Ek het alleenwees ontdek
myself gesoek
in plekke met baie mense
woude en rivieroewers
ook berge
al hierdie plekke
het my reuk
‘n dowwe lig
‘n half fluister
my binnekamers
ook stil
gehoop vir ‘n openbaring
vry van vrees te wees
van die sekerheid van die dood
iemand anders begin praat
onderbreek gedagtes
moes ‘n nuwe taal leer
om myself
sonder oordeel te aanvaar

©Marike Erasmus




Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed