My mooiste uur
My geheime stil
gepulp in stof en grond
seningrige vingers wat verwurg
duisternis wat my verswelg
stap vir stap vir stap
nader aan vergetelheid
Sê vir my, my siel, is dit die dood ?
onheil wat voortslepend my siel verteer
skimme van hoë gestaltes
dans skadus van vuurlig
teen my bo-kamer muur
wie kan ooit my jeug teruggee
meer as alles anders om my lief te hê,
met ‘n stadige en stil voetstap
kom ‘n Goddelike boodskapper
woorde in my siel geuiter
sonder begryp
sien deur my koue dooie oë nou,
‘n nuwe horison verskyn
die liggeel maan lyk nou beter
‘n spesiale boodskap van ‘n gevleuelde Engel
het my voortslepende vrae beantwoord
‘n sagte sleepboot trek my opwaarts
uit die aarde se greep
in die majestieuse arms van oneindigheid
na God se ewige lig!
©Marike Erasmus
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.