Haaie om my Skuit
Haaie om my Skuit
Deur: Ryno du Plessis
Haaie hang en wag vir hul prooi,
soekend kyk jy na iets om hul mee te looi.
Op golwe van grootpraat roei jy, die regte waarheid vermy jy.
Skepe van drome het jy haar beloof— wie het nou daardie droom beroof?
Lekker ruik en goeie maniere het jy gebruik; dit was die aas om haar te verbaas.
Jy wens steeds dat sy jou moet verras,terwyl jy haar ongeërg verag.
Sou jy haar net weer bekoor, sal die haaie dalk hul prooi verloor?
© Ryno du Plessis, 2026
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.