Die onbekende vrou
Die Onbekende Vrou
Deur: Ryno du Plessis
Eens ’n lewe van vuur, nou dae vol guur.
Só vertel haar man ná nog ’n bier—weet hy sy sit ook hier?
Sonder ’n gluur probeer sy dit verduur.
Het sy dit verdien?Soek sy dalk nog ’n man wat haar sien?
Sou sy maar net weer soos ’n vrou kon voel, nou die onbekende wat leef binne haar man se grense.
Waar bêre sy haar hart se wense—die onbekende vrou?
© Ryno du Plessis, 2026
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.