
eensaam in die bos
bome beweeg saggies in die wind
heen en weer buig dit met ‘n kreun
blare wapper en klapper van plesier
onder rus die diertjies sag in hul slaap
so nou en dan kom daar ‘n harde knal
wanneer eertydse reus die stryd opgee
met hewige skeurgeluid grond toe val
sytakke en bas word saam geneem
maar almal gee uiteindelik pad
totdat die reus plat gaan lê
waar hy mettertyd vergaan
kunsmis word vir nuwe groei
geen nuusberig word uitgestuur
geen roudiens word gereël
so sal baie bome gaan lê
die bestaan van hierdie bos
dalk versteen en vergete
net as herinnering
bly leef
©Teárlach
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.