Hartsreisiger
tel ‘n padkaart op
en merk vir jou ‘n roete
oor die langpad
tot jy onder my hange
kom lepellê
onder my moskombers
wat sag oor my landskap vou
waar ons nostalgies
in liefde verdwaal
o, my hartsreisiger
ek hoop jy vind jou pad
terug na my
want jou huis
is waar jou hart tot rus kom
en my hart
rus by jou
©Jessica Venter
25/1/2020
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.