droesem
in die sediment van my bestaan
brokkel daar skifte van gedagtes
gebore uit drome van veraf lande
van gebeure lank reeds begrawe
uit die droesem van my hart
borrel die laaste rooibloedselle
vervoer helder suurstofborrels
na breinselle wat beef en leef
hoe kan die siel nog vrolik wees
opgesluit in aardse gebeente-lyf
lewensverwagting so hoog reik
oor droesem van my gebroke lyf
die lewe is soos wyn in ’n vat
wat gepars, vermenteer, vermeng
gestoor vir ideale aantal jare
geledig tot op sy droesem vlak
sodra daardie laaste asem uitdrup
word die siel verlos van aardse bande
word dit vry van enige mense drempel
© Tearlach.
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.