My sonneblom
Soos ‘n sonneblom in die oggend na sy krag toe draai, soos wind wat na die einde van die aarde waai, soos water wat oor klippe en deur draaie vloei, sal my hart net vir jou bly bloei. Die letsels van seer sonder jou, bly aan my siel se snare knou. Met net die kyk na jou gesig, so mooi en skoon, is my lewe se harde werk beloon. Hou terug hierdie water oor my oë, sodat ek in jou kan glo. Jou stem is my long se asem, en aangesig my vensters se wasem. Kan ek jou vashou, waar ons kan lê en staar na die hoogste lig se blou.
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.