Lig
met eerste-lig
trek skadu’s lank oor my duin
stadig verskuif die lig
eers horisontaal en dan op
na middag se starre hitte strale
so verskuif die Lig
van kind na volwasse siel
suiwerend wit en helende genade
straal dan uit oor elke donker siel
hoe wonderlik die krag van Lig
hoe geseënd die knus warmte daarvan
©Teárlach
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.