Gewaarwording
dit is dagbreek oor Britanjebaai
oranje gloed verf helder ligstrepe
ek drink die sout reuk van golwe
op my duin is daar tyd vir denke
ver oor die water klink mishoring
stuur sy mistroostige waarskuwing
sleep my siel saam in diepe gevoel
op my vel vorm daar druppels mis
my oë drink die beker van kleure
omvorm dit in salige woordspreuke
wat telkens oor my liggaam vibreer
en voortjies sny in geheue-knope
skuil sluimerende sagte sigbeelde
waar meeue baljaar in blou golwe
krasse klanke, krakend krakeel
©Teárlach
2 Kommentare
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Zebulon Kochk
Pragtig💯🌹Ordening en woordvloei perfek