Jongste aktiwiteit:

Leef in oorwinning.

Sonder kennis, kom bou hy sy nes in jou verstand,
Deurmekaar geweef met twyfel, haat en vrees.
Sy saad van ongeloof wil hy versigtig kom plant,
Sodat jy net die slegte in die lewe kan lees.

Met sy mag sal hy kom saai, leuens uit sy put,
Sal hy waarheid in verwarring verdraai.
Sy geliegery sal hy met valse bewyse kom stut,
En so stof in jou gees kom waai.

Met sy daaglikse verblindery put hy pure genot,
Uit mense wat soos rotte rondskarrel.
So wil hy jou vasbind met ‘n ewige slot,
En sy verwarring sal om jou bly dwarrel.

Sou jy hom toelaat om nes in jou te skrop,
En jou van jou Maker te vervreem?
Kind van God jy het die wapens om hom in sy spore stop.
Strek uit jou hande na die Boek wat jy op moet neem.

Spreek daadwerklik beloftes van trou,
Van jou God gegee wat Sy woord sal bly eer.
Jy is steeds in Sy beskerming toegevou,
Toegerus met Sy engele leër.

Beveg met God’s Woord elke aanval op jou,
Spreek geskrifte met die mag deur Hom gegee.
Maak seker jy is op Sy rots vasgebou,
Teen die bose wat wil verwoes op jou weë.
Paula Paxton©




Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed