Jongste aktiwiteit:

Wat kan ek sê?

Wat kan ek sê oor my moedertaal
in woorde nie té vreemd, ru of vaal?
Ek maak gereeld amok met my woorde
wat soms verkeerd opgevat word of dalk raak dit akkoorde
van gedagtes en gevoelens liefs vermy
oor volkskunde en die lesse in sprokies van dae lank verby
gehoor op moederskoot in Afrikaans
met leenwoorde vir dít wat volksvreemd is
en tog êrens – diep – verstaan word.
Wat kan ek sê oor my moedertaal
wat ander met meer vernuf
nie al gedig het nie?
Gedigte se woordspasie is té sku vir my
om wêrelde te skilder soos in ‘n verhaal…

*Brons stêr kategorie




1 Kommentaar

Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed