Jongste aktiwiteit:

Kankergenesing

Groeiend die karsinome, teerend in jou lyf.
Van tye baie oud op papirus neergeskryf.
Kwaadaardige gewas, wat ongenooid kom broei.
Krag lê in Yaweh Rapha wat uit Sy woord sal vloei.

Knielend sal my lyf, smekend voor U buig.
Ek weet dat ek weet dat ek weet, my siel sal weer kom juig.
Met elke martel hou, het U genesing vir ons gebring.
In opregte dankbaarheid sal ek U met liedere besing.

Hippokrates stel dit mooi, ‘n krap met vele kloue,
Wat verwoesting wil kom saai, wat my wil los in koue.
My sielsgenoot, my engelmens, wat soveel aanslae moet verdra,
Ek het reeds die ongedier aan ons Maker gaan verkla.

Hy het jou vretende siekte self op Hom geneem.
Ons ewige redder Heer, wat Hom nooit van ons vervreem.
In gesondheid sal jy voortleef, vry van die groot K,
God het kom genees, gegee waarna ons vra.

Paula Paxton Kopiereg voorbebou.




Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed