Elke huis het sy kruis.. of is dit ‘n kluis
Elke Huis het sy Kruis… of is dit ’n Kluis?
Deur: Ryno du Plessis
Elkeen dra sy las,
niemand weet wat lê in ’n ander se kas.
Goed of sleg, die lewe raak iewers vir almal erg.
Ander leef agter slot en grendel, vind tog ’n manier om vir aandag te bedel.
Dit wat skroom, word versmoor in onegte roem.
Iewers trap almal skeef— behalwe dié wat in kluise leef.
© Ryno du Plessis, 2026
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.