sitaat uit onderbewuste
stap my gedagtes vandag
op ritme van onbekende woorde
woorde wat allitereer en verteer
wat skokkend op sagte ore val
snou een libero, ongesensor
sy gehoor as “poepol” toe
sag soet en singend
zoem zoem woorde
vloeiende gedagtes
waterstrome van
pure genot
ek is versot
op my taal wat vloei
wat daerade laat herleef
sonstrale uit golwe laat opstaan
woorde in strofes inwaai
skrywes laat blom
oopkelkende
Proteaceae
© Tearlach.
Libero – Per the NCAA rules book for women’s and men’s volleyball, the libero is strictly a back-row player and can only be replaced by the same player it replaces. Also, a coach can only designate one libero per set. For most teams, the libero is not a starter.
2 Kommentare
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Christa D
Jy skryf so goed. Ek hou van die ritme in die gedig.