Tuimel tot by die lig
Tuimel tot by die lig
My woorde het die pad gevat
my gedagtes in die donker verdwyn
my passie stadig gekwyn
niks meer om te sê
met ‘n gees wat net wil bly lê
emosies duik een oomblik die dieptes in
dan dwing my gewete my om weer te begin
kla my aan, “krap die donker dinge onder die mat”.
Soos die blare dwarrel oor die pad
en die son agter die donker wolke verskyn
hoor ek die natuur se refrein
‘n helder oranje blaartjie kom langs my lê
en ek weet dat Hy vir my sê:
“As jy oor die positiewe besin
maak alles weer sin
vat My hand, dan lei Ek jou op jou toekomspad.”
C Diederiks ©
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Tearlach
Jou gedig praat met my hart. Pragtige speel met gedagtes.