maat
op die ritme
van tortelduif se musiek
bons my hart dankbaar
oor sonstrale wat
op my gesig
sprei
kransduif se brom
maak my soms ru wakker
uit drome van lang nag
kyk my verbaas aan
as ek haar
jaag
brakkenjan vroetel
vroeg ongemaklik soek
aandag, vertroeteling
hy weet daar is stap
wat wag op die
geduldige
hoe meet ek
die maat waarmee
seēn oor my reën
hoe bewys ek
sigbaar my
dank
soos golwe beweeg
telkens op strand uitbreek
weer gebore word om
net weer te breek
weg te sink in
vergetelheid
© Tearlach.
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.