Jongste aktiwiteit:

‘n Stukkende Jas

Toe dit jou nie kon pas nie
was ek net in die pad,
‘n las wat jy saamdra
soos ‘n ou wintersjas
wat jy uittrek
en neersmyt
in ‘n hoek in die kas,
verskrompeld, vergete

geen bloed in my are
geen hartklop, geen pyn.
Luister na die klingel
van jou glasies vol wyn,
en jou heildronk
gedrink op ‘n lewe nou vry
word die skerwe
en bloedspoor
as beloftes verdwyn

en die as van jou herdvuur
is die passie wat kwyn
tot die ryp van jou winter
jou onthou weer bevry
en jy smekend
die jas aan jou
lyf probeer kry…

maar die nate wat skeur
en die kleed wat ontweef
bring die pynlike wete
dat die passie wat was
nou verskrompeld verlore…
en al wat nog oorbly
net ‘n stukkende jas…

©12/01/2011 Anton Bosch




1 Kommentaar

  • See-Jay-El

    Sjoe dis 'n hartseer vergelyking van 'n gedeelde lewe, wat eenkant toe gegooi is. Die verworpene voel soos 'n gebruiksartikel. Net diensbaar wanneer dit nodig is. Daar is 'n titsel verbittering in die stuk en ook 'n stukkie ongenaakbare wraak: "maar die nate wat skeur en die kleed wat ontweef bring die pynlike wete dat die passie wat was nou verskrompeld verlore… en al wat nog oorbly net ‘n stukkende jas…" Hierdie laaste woorde is 'n herhaling van die eerste strofe, wat die gebruikte pyn beklemtoon. Die stuk werk verklap 'n ou-ou geheim. Ongeag van hoe diep die liefde was of is, die pyn wat veroorsaak word as die band gebreek word, maak dit onmoontlik om daardie band te herstel. Daarom kan die jas in die laaste strofe nie pas nie, maar uit sy nate skeur . Die tweede strofe vertel so duidelik hoe die skrywer hierdie opbreek ervaar. Haar vryheid weerklink in heildronke op 'n nuutgevonde vryheid, maar haar geluk en vryheid is geanker in sy lewe wat in skerwe lê en bloei en verbreekte beloftes. Tog besef sy nadat hierdie vryheid gebruik is, soos hy gebruik is en haar vuur uitsterf, sodat sy net met as agtergelaat word, dat die "ou jas" haar wel in die winter beskut het en warm gehou het. Maar selfs haar edelste en self sy edelste pogings om dit wat verlore is, te herroep, misluk... Jy gebruik so eenvoudige beeld om só 'n diep pyn uit te beeld en jy slaag met lof daarin!

Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed